Kanada begin verdedigingsbesteding verhoogMarch 3, 2025

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het erken dat sy land meer aan verdediging moet bestee. Kanada is een van net agt uit 32 Navo-lande wat nie die perk van twee-persent van BBP op verdediging nakom nie. Die land het verlede jaar 1,37-persent van sy bruto binnelandse produk op verdediging uitgegee. Trudeau sê die tyd van vrede ná die Koue Oorlog is verby, en lande moet nou aansienlik meer aan verdediging bestee.