Respondente vra vandag dat rooilyn-saak van die hand gewys word

Regter Shafimana Uietele sal vandag mondelinge voorleggings aanhoor deur die respondente in Job Amupanda se rooilyn-saak. Advokate vir die respondente wat die regering, die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad, die NLU en meer insluit, het verlede week aangedui dat hulle sal vra dat Amupanda se eis om die rooilyn summier te verwyder, van die hand gewys word. Die verhoor was ‘n gedoente, veral tydens Amupanda se getuienis en die regter moes hom herhaaldelik maan om vrae te beantwoord en nie lesings te gee nie.