Nafwu vra dat uitbuiting van plaaswerkers gestaak word

Die Namibië Plaaswerkersunie, Nafwu, het kommer uitgespreek oor die voortgesette uitbuiting van plaaswerkers deur sommige boere regoor die land. By ‘n onlangse inligtingsessie het die vakbond se waarnemende hoofsekretaris, Frans Kamati, werkgewers versoek om by arbeidswette te hou en werkers regverdig te behandel. Hy het ‘n beroep op die regering en werkgewers gedoen om te verseker dat werkers se regte beskerm word en dat billike werksomstandighede gehandhaaf word.