Min reën in opvanggebiede, groot riviere sak

Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het van 5,12 meter afgeneem tot 5,08 meter, volgens die Hidrologiese Diens. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het dit op 5,93 meter gestaan. Die Zambezirivier by Katima Mulilo is steeds op 0,79 meter. Dit is heelwat laer as die 1,44 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die Kunenerivier by Ruacana neem steeds af en het ‘n vloei van 299,60 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlak by Blouputs aan die Benede Oranjerivier het vanoggend onderskeidelik 0,27 meter en 0,24 meter aangeteken.