Kohli misluk met kolf in Delhi

Krieket: Die Indiese superster Virat Kohli het die bewonderende skare in Delhi teleurgestel toe hy met die kolf misluk het met sy terugkeer na plaaslike krieket ná 12 jaar. Die beheerliggaam het gekontrakteerde spelers gedwing om plaaslik te speel ná ‘n droewige vertoning in ‘n onlangse toetsreeks teen Australië. Duisende toeskouers het Kohli toegejuig toe hy uitgestap het om te kolf, maar sy verblyf was van korte duur en hy is vir slegs ses uitgeboul. Moedelose aanhangers het opgestaan en geloop toe Kohli teruggestap het na die pawiljoen.