Kankervereniging kry N$2,5 miljoen van Kanker Appelprojek

Die 24ste uitgawe van Bank Windhoek se Kanker Appelprojek het afgesluit met ‘n oorhandigingseremonie in Windhoek. Die bank het 2,5 miljoen Namibiese dollar aan die Kankervereniging van Namibië oorhandig ten bate van sy programme en voortgesette werk om kanker landwyd te bekamp. Die projek het sedert sy ontstaan in 2000 ‘n gesamentlike 38,4 miljoen dollar vir die Kankervereniging ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bronwyn Moody, die bank se hoof van belangegroepbetrokkenheid.