Jy, belastingbetaler, ondersteun 26,4 Namibiërs
Namibië se belastingstelsel staar beduidende uitdagings in die gesig, soos uitgelig deur Cirrus se ontleding van die jongste arbeidsmagdata. Met slegs sowat 115 000 werkers wat die belastingbetalersbasis vorm onder die nuwe belastingbedeling, val die las om openbare dienste te befonds op net 3,8 persent van die bevolking. Meer as 39 persent van werkers verdien 2 000 Namibiese dollar of minder per maand, terwyl slegs ‘n fraksie die belasbare inkomstedrempel van 8 333 dollar oorskry. Gevolglik word geskat dat elke belastingbetaler gemiddeld 26,4 Namibiërs ondersteun. Oud ombudsman advokaat John Walters het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.