FAA se diversiteitspogings moet skuld kry vir vlugramp – Trump

Amerikaanse president Donald Trump het tydens ‘n pers-inligtingsessie by die Withuis geïmpliseer dat federale diversiteitspogings die skuld moet kry na ‘n passasiersvliegtuig in ‘n Black Hawk-helikopter van die weermag in Washington, DC, vasgevlieg het. Al 67 insittendes op die twee vliegtuie het gesterf in die dodelikste Amerikaanse lugramp in meer as 20 jaar. Die ondersoek na die ongeluk het pas begin en dit is nog nie duidelik hoekom die vliegtuig met die helikopter gebots het toe dit gereed gemaak het om by die Reagan Washington Nasionale Lughawe te land nie. Luister na Trump.