Amupanda looi Stad Whk vir sy wetgewing oor honde

Stad Windhoek sukkel met voldoende waterherwinning, het uitdagings met die besoedeling van waterweë, elektrifisering, paaie, informele nedersettings en meer, maar hiermee hou hy homself besig. Hy wil honde-eienaars dwing om ‘n fiksheidsertifikaat te kry dat hulle diere opgelei is en nie aggressief is nie. Die voorgestelde wetgewing is ‘n honde-belasting vir die ongeveer 20 000 honde in die hoofstad en sluit in dat die stad toilette vir die honde verskaf, terwyl hy self sukkel met sanitasie vir sy inwoners. Raadslid Job Amupanda het sy mening so verwoord…

Honde wat blaf sal ook ‘n probleem wees.