Wêreldbeker-einstryd op Accor in Sydney gespeel

Wêreldrugby het bevestig die eindstryd van 2027 se Wêreldbekertoernooi vir mans sal op die Accor-stadion in Sydney, Australië, plaasvind. Die stadion met plek vir 82 000 toeskouers sal ook die halfeindstryde, die uitspeelstryd om derde plek en twee kwarteindstryde aanbied. Sydney, Melbourne, Perth, Brisbane, Adelaide, Townsville en Newcastle sal ses weke lank gasheer speel vir die wêreld se 24 beste spanne. Rugby Australië se uitvoerende hoof, Phil Waugh, sê die land het ‘n ryke geskiedenis met die aanbieding van groot toernooie: