Sydney gaan 2027 Rugby Wêreldbekertoernooi-eindstryd aanbied

Rugby: Wêreldrugby het bevestig die eindstryd van 2027 se Wêreldbekertoernooi vir mans sal op die Accor-stadion in Sydney, Australië, plaasvind. Die stadion met plek vir 82 000 toeskouers sal ook die halfeindstryde, die uitspeelstryd om derde plek en twee kwarteindstryde aanbied. Sydney, Melbourne, Perth, Brisbane, Adelaide, Townsville en Newcastle sal ses weke lank gasheer speel vir die wêreld se 24 beste spanne.