Sorris Sorris het 30 dae om ooreenkoms met Ultimate Safaris te beëindig

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Sorris Sorris-bewarea 30 dae gegee om sy eksklusiewe 25-jaar kontrak met Ultimate Safaris te beëindig, met verwysing na teen-mededingende praktyke wat ander toerisme-operateurs negatief raak. Dit kom na ‘n klagte wat ingedien is. Die bewarea is deel van ‘n groep wat saam met Ultimate Safaris poog om mynbedrywighede in die hof te staak. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulus Hangula, die direkteur van handhawing by die kommissie gesels.

Hangula sê die volgende stap hang nou van die bewarea af.