So het Fact Check disinformasie probeer beheer
Namibia Fact Check het voor die verkiesings in vennootskap met Africa Check ‘n koalisie met verskeie media-organisasies en die burgerlike samelewing gevorm. Dit was om te verseker dat verkeerde of disinformasie nie versprei of gepubliseer word nie. ‘n Koalisie Feitekontrole Oorsigkonferensie word nou deur die organisasie aangebied om hul bevindings te verduidelik. Frederico Links, die redakteur van Fact Check Namibia, verduidelik wat die koalisie gedoen het.