SA Reserwebank verlaag repokoers met 25 basispunte

Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag, wat beteken handelsbanke se prima-uitkeerkoers verlaag tot 11-persent. Die bank sê die ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp, hoofsaaklik weens ‘n skerp daling in landbouproduksie. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, verwag egter ‘n omkeer in die vierde kwartaal, aangevuur deur verhoogde landbou-uitset, sterk huishoudelike besteding en onttrekkings van die tweepot-pensioenstelsel.