Owerhede sê net mooi niks oor Namdia-perskonferensie nie
Die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het geen kommentaar by navraag gehad oor die langverwagte perskonferensie na die Namdia-roof amper twee weke gelede nie. Hy het eenvoudig gesê die media sal ingelig word wanneer hulle gereed is. Die Namdia-woordvoerder Beverley Coussement het op haar beurt gesê alle prosesse word nog gevolg en dalk is daar volgende week nuus. Daar is baie bespiegelings rondom die gewaagde roof met owerhede wat reeds in die eerste week inligting belowe het. Tot op hede is dit ook nie bekend hoeveel diamante gesteel is nie.