Nog N$600 miljoen nodig vir droogtehulp tot Junie
Die kantoor van die eerste minister staar ‘n tekort van 600 miljoen Namibiese dollar in die gesig om die droogtehulpprogram tot Junie vanjaar vol te hou, sê adjunk-eerste minister John Mutorwa. Hy het gepraat by die skenking van 500 bokse vis deur Fishcor om droogtehulp te ondersteun. Tot op hede het die kantoor meer as 115 miljoen dollar se skenkings van plaaslike, internasionale en ontwikkelingsvennote ontvang. ‘n Studie deur die kantoor van die eerste minister, getiteld Livelihood Vulnerability Assessment and Analysis, wys ongeveer 1,26 miljoen Namibiërs ervaar voedselonsekerheid.