Namibiërs se deportasie is spekulasie

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van buitelandse betrekkinge Penda Naanda het ook met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die gerigte van 19 Namibiërs wat blykbaar onder die onwettige immigrante in die VSA val. Die Trump-administrasie deporteer op die oomblik die immigrante. Naanda sê, nes ambassadeur Margret Mensah-Williams, daar was geen kommunikasie nie en daar is geen rede tot kommer nie.