Guantánamobaai sal immigrante huisves
Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig hy is van plan om ‘n uitvoerende bevel te onderteken wat ‘n aanhoudingsentrum by Guantánamobaai sal oopmaak wat tot 30 000 onwettige immigrante kan huisves. Hy sê die ergste kriminele sal daar aangehou kan word en sal onmiddellik Amerika se aanhoudingskapasiteit verdubbel. Hy sê van die berugte kamp in Kuba, wat gebruik word vir terreurverdagtes, dat dit ‘n moeilike plek is om van weg te kom.