Een belastingbetaler ondersteun 26,4 nie-werkendes: Cirrus
Cirrus se ontleding van die jongste arbeidsmag-data wat deur die Namibië Statistiek-agentskap vrygestel is, lê ‘n ontstellende prentjie bloot. Gebasseer op die data en die nuwe betaal soos jy verdien belastinghakies, skat Cirrus dat maksimum 115 000 mense die land se belastingbasis vorm. Dit is slegs 3,8 persent van die bevolking. Onder die nuwe belastinghakies ondersteun elke belastingbetaler gemiddeld ongeveer 26,4 Namibiërs in terme van maatskaplike toelaes en ander hulp.