Duitse ekonomie sal net met 0,3% groei

Die Duitse regering het sy groeivooruitsigte vir 2025 ingekort weens binnelandse politieke onbestendigheid en die dreigende onsekerheid oor hoër Amerikaanse tariewe nadat president Donald Trump oorgeneem het. Die ekonomie sal nou na verwagting met slegs 0.3-persent groei na die vorige vooruitskatting van 1.1-persent in Oktober. Europa se grootste ekonomie het die afgelope twee jaar gekrimp. Die afwaartse hersiening is hoofsaaklik te wyte aan maatreëls wat bedoel was om groei aan te moedig, maar nie ten volle ingestel is nie omdat die regering in duie gestort het.