Duduzile Zuma-Sambudla op waarskuwing vrygelaat

Die dogter van oudpresident Jacob Zuma, Duduzile Zuma-Sambudla, wat beskuldig word na in Julie 2021 die onrus in KwaZulu-Natal aangehits het, is deur die Durbanse Landdroshof op waarskuwing vrygelaat. Sy het haar vanoggend aan die polisie oorgegee en is gearresteer. Sy staan tereg op aanklagte in verband met die aanhitsing van terrorisme en openbare geweld tydens die onrus, wat tot die dood van meer as 300 mense gelei het. Landdros Irfaan Khalil het die saak na die Hooggeregshof in Durban oorgeplaas en haar volgende verskyning is op 20 Maart.