DRK-partye moet terugkeer na onderhandelingstafel

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, vra ‘n onmiddellike skietstilstand en humanitêre toegang in die Demokratiese Republiek van die Kongo, waar gevegte in die ooste uitkring. Hy het aan die media gesê die regering steun die Afrika-unie en die Verenigde Nasies se oproepe dat alle partye vyandighede staak en terugkeer na die onderhandelingstafel. Lamola het lande wat die M23-rebelle steun, ook gevra om dit onmiddellik te staak: