Drikus Coetzee durf weer 2025 Atlasbergwedren aan

Namibië se uithaler ultra-fietsryer Drikus “Die Masjien” Coetzee vertrek Maandag van Windhoek na Marokko. Sy bestemming is ‘n ysige Marrakesj, vanwaar die 2025 Atlasbergwedren oor ‘n uitmergelende 1 350 kilometer plaasvind. Die nie-ondersteunde enkelfase-wedren sal op 7 Februarie begin en Coetzee sal teen meer as 250 ander solo-fietsryers meeding. Anders as verlede jaar toe die kwik gereeld tot 48 grade Celsius geklim het, sal Drikus nou sy weg oor die Atlasberge moet vind in meestal ysige temperature en selfs sneeu. Verlede jaar moes hy tou opgooi ná vier dae en vier nagte in die saal weens dehidrasie en uitputting.