Dis vyf ure na die vlugramp, water in Potomac is yskoud January 30, 2025
Meer as 300 reddingwerkers is ontplooi na die toneel van die vlugramp in Washington DC waar ‘n American Airlines-straler, met 64 aanboord, teen ‘n Black Hawk helikopter van die Amerikaanse weermag vas gevlieg het. Daar is berigte van sterftes. Die wrakke is in die Potomac-rivier en dis baie koud. Die hoof van Washington se nooddiens, John Donnelly het met die media gepraat.