DBV in Limpopo ondersoek aanval op krokodilJanuary 30, 2025

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het die aanval op ‘n Nyl-krokodil in Duthuni in Limpopo veroordeel. Owerhede ondersoek die voorval waarin gesien kan word hoe die hulpelose dier geslaan, geskop en aangeval word, terwyl omstanders juig. Die video is op sosiale media gedeel. Die verdagte staan tereg op aanklagte ingevolge die Dierebeskermingswet. Die krokodil moes uitgesit word.