Armoede bly styg, BIG-koalisie gooi sy hande in die lug
Volgens ‘n onlangse verslag deur die Ekonomiese Kommissie vir Afrika en die Nasionale Beplanningskommissie het die aantal mense in Namibië wat in armoede leef in 2023 op 852 317 gestaan, of 28,2 persent van die bevolking. Dit is ‘n styging vanaf 19,7 persent in 2017 en 25,6 persent in 2020. Verder verdien 70 persent van werkers minder as 1 400 Namibiese dollar per maand en minstens 618 000 Namibiërs oorleef op maatskaplike toelaes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renaani Musutua, die woordvoerder van die Basiese Inkomstetoelaag Koalisie van Namibië, wat sê dat as die toelaag geïmplementeer was sou daardie getalle nie bestaan het nie.