Tyla slaan slag op Billboard Hot 100
Die Grammy-bekroonde sangeres Tyla het die eerste vroulike Suid-Afrikaanse kunstenaar in 57 jaar geword wat twee solo-inskrywings op die Amerikaanse Billboard Hot 100 gehaal het. Haar treffersnitte, Water en Push 2 Start, beteken sy is die tweede vroulike kunstenaar in Afrika wat sedert Miriam Makeba op die trefferslys beland. Tyla se liedjies het nommer sewe en 88 gehaal. Ander Suid-Afrikaners wat die Amerikaanse Billboard gehaal het, is Four Jacks and a Jill, wyle Hugh Masekela, en die Rock-groep Seether.