Shangula het nie kommer oor Trump se opskorting van hulp nie
Daar is wêreldwyd kommer oor Amerikaanse president Donald Trump se bevel om alle buitelandse hulp vir 90 dae te staak en te hersien. Dit kan veral verwoestend wees vir MIV-programme in Afrika-lande. Wits Universiteit in Johannesburg het bevestig sommige inisiatiewe wat deur USAid befonds word, insluitend dié vir die Wits Reproductive Health and HIV Institute, is gestaak. Plaaslik blyk daar nie kommer te wees nie. Die dagblad Namibian Sun het eksklusief met gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula gepraat, wat positief is oor die uitslag van die hersiening.