NSA: 36,9% is werkloos
Die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap Alex Shimuafeni sê die werkloosheidskoers staan op 36,9 persent, op met 3,5 persent op die opname wat in 2018 gedoen is. Net meer as 46 persent van die land se burgers vorm deel van die arbeidsmag en 63,1 persent van hulle werk. Amper 54 persent van Namibiërs is nie in tans in die arbeidsmark nie maar, van die groep, soek 66 persent nie werk nie terwyl 34 persent potensiële werknemers is.