Mbumba plaas verbod op reise tot NNN oorneem

President Nangolo Mbumba het ‘n moratorium op internasionale reise deur regeringsamptenare ingestel. In ‘n riglyn sê hy die nuwe regering onder Netumbo Nandi-Ndaitwah moet eers ingestel word voor reise kan hervat. Die kabinet se sekretaris dr. George Simataa sê ministeries moet hulle programme finaliseer en werk in verband met die parlement en ander uitvoerende pligte voltooi.