Kombat-kopermyn sluit vir tot 9 maande

Die Kombat-kopermyn sluit Vrydag om 4-uur sy hekke, berig die Engelse dagblad Namibian Sun. Alle bedrywighede by die myn word opgeskort vir na verwagting sowat nege maande. Dit kom na twee pompe vroeër vandeesmaand gebreek het, wat gelei het tot die myn se ondergrondse oorstroming. Meer as ‘n honderd mynwerkers is glo reeds huis toe gestuur. Volgens berigte sal die verwerkingsaanleg môre sluit ter voorbereiding van opknapping, na die beskikbare erts verwerk is. Die mynbestuur en Kombat se Kanadese eienaars, Trigon Metals, wou nie kommentaar lewer of bevestig nie, maar ‘n verklaring sal in die komende dae uitgereik word.