Diamantprys: Debmarine glo vraag sal herstel
Internasionale diamantpryse bly laag. Die kleinhandelprys van natuurlike diamante het die afgelope twee jaar met sowat 26 persent gedaal, terwyl die prys van sintetiese diamante met ongeveer 74 persent geval het. Dit het ‘n wesenlik impak op Namibië se inkomste met die handelstatistiek wat sterk staatmaak op diamante en wat maand op maand deel is van die hoofuitvoere in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende hoof van Debmarine, Willy Mertens, wat glo die aanvraag sal herstel.