Cyril moet verslag doen oor soldate in DRK

Build One South Africa doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om die nasie onmiddellik toe te spreek en volledig en deursigtig verslag te doen oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se bedrywighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit volg nadat 13 SANW-soldate gesneuwel het in gevegte met Rwandees-gesteunde M23-rebelle in die DRK. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Ramaphosa moet verduidelik of die SANW se betrokkenheid ʼn onselfsugtige vredesmissie vir die streek is, of ʼn gevaarlike geopolitieke speletjie: