COPE soek optrede van Cyril oor soldate in DRK

Die Congress of the People sê die tragiese verlies van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo vereis ‘n duidelike en omvattende strategie van president Cyril Ramaphosa om die lewens van militêre personeel te beskerm. Dit volg na 13 SANW-soldate in gevegte met die Rwandese-gesteunde M23 rebelle dood is. Teboho Loate van COPE sê hoewel Ramaphosa ‘n beroep vir ‘n skietstaking gedoen het in reaksie op die toenemende konflik in die DRK, word beslissende optrede van hom vereis.