BW Energy kry 20% belang in ReconAfrica se PEL 73

ReconAfrica het aangekondig dat sy strategiese belange-vermindering ooreenkoms met BW Energy beklink is, na hy die nodige toestemming van die myneministerie en Namcor gekry het. Die ooreenkoms gee BW Energy ‘n 20 persent belang in PEL 73 in noordoos Namibië, waar ReconAfrica besig is met die Naingopo-eksplorasieput. ReconAfrica behou ‘n 80 persent belang en Namcor hou die oorblywende 10 persent. ReconAfrica se president en uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die resultate van die Naingopo-put sal binnekort vrygestel word ná derdeparty-ontleding van sy uitgebreide evalueringsprogram. Die resultate is vertraag weens vervoervertragings van sywandkerne en vloeistofmonsters tydens die vakansietydperk.