Vloei by Ruacana daal effe
Die vloei van die Kunene-rivier daal by Ruacana en is volgens die Hidrologiese Diens tans op net onder 317 kubieke meter per sekonde, laer as verlede jaar se 330,1 en verlede week se 465 wat aangeteken is. Intussen styg die Zambezi-rivier wat gesukkel het. By Katima Mulilo is die rivier op 0,74 meter, hoër as verlede week se 0,58 maar baie laer as verlede jaar se 1,44. By Rundu is die Okavango op 5,23 meter aangeteken teenoor verlede jaar se net meer as 6 meter.