So lyk die reënvooruitsigte vir die volgende paar dae
Namibiërs sal heel waarskynlik gedeeltelik bewolkte en warm toestande in die laaste week van Januarie ervaar. Windhoekers kan ‘n paar geïsoleerde donderbuie oor die volgende paar dae verwag, volgens die Namibiese weerdiens. Matige tot swaar reënval met moontlike kitsvloede word plek-plek in die Kunene-, Erongo-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor.