Onderwys maak weer gebruik van pelotonstelsel 

Die onderwysministerie se nuwe pelotonstelsel het meer werksgeleenthede in die onderwyssektor geskep en help om klaskameroorbevolking te verminder. Die stelsel laat sommige leerders in die middag skool bywoon, met onderwysers wat nie in die oggendsessie skoolgehou het nie. Die ministerie werk daaraan om bykomende onderwysers aan te stel en is besig om dit met die finansministerie te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat die stelsel se voordele uitlig.