Noordpool se ys kan oor ‘n dekade verdwyn
Die Noordpool se laaste ys-area wat ʼn noodsaaklike habitat is vir spesies wat van ys afhanklik is, kan gouer verdwyn as wat verwag is. Volgens ʼn nuwe studie deur navorsers van die McGill University, kan die laaste ys-gebied binne ʼn dekade verdwyn. Dit sal gebeur wanneer die sentrale Arktiese See in die somer sonder ys is, wat moontlik in die middel van die eeu kan gebeur. Die studie se hoofskrywer, Madeleine Fol, sê hierdie bevindings beklemtoon die dringendheid om aardverwarming te verminder sodat stabiele vooruitberamings vir belangrike Arktiese habitatte verseker kan word.