Nege toeskouers deel reeds R2-miljoen prysgeld in SA2

Krieket: Nege toeskouers deel reeds 2 miljoen-rand in die SA20. Die borg bied die bedrag aan om te verdeel tussen alle toeskouers wat die bal met een hand vang. Die jongste vangskoot was gisteraand in die Paarl waar Paarl Royals Durban’s Super Giants verslaan het. Die ander was op Nuweland, Centurion, Durban en Gqeberha. Die prys beloop tans 222 00 rand vir elk van die wenners. Die borg onderneem om die wengeld te verdubbel indien die toeskouer ʼn geldige Betway Suid-Afrika-rekening het.