Krisisberaad vir Rwandese, DRK leiers 

Die leiers van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo sal môre ‘n krisisberaad bywoon, met ‘n Rwanda-gesteunde gewapende groep wat die Kongolese stad Goma binnegedring het. Die Keniaanse president, William Ruto het die ontmoeting met Rwanda se president, Paul Kagame en die DRK-president, Felix Tshisekedi bevestig. Kenia staan tans aan die hoof van die Oos-Afrika-gemeenskap met agt lede, waarvan beide die DRK en Rwanda lede is. Ruto sê hy sien geen moontlikheid van ‘n militêre oplossing vir die uitdagings wat Oos-DRK in die gesig staar nie.