Kleurlingkongres lê klag teen ZilleJanuary 28, 2025
Die Nasionale Kleurlingkongres het ‘n klag van regsverydeling teen die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, ingedien. Dit volg nadat Zille gesê het sy was vooraf bewus van die klopjag by die kantore van die Kaapstadse burgemeesterskomiteelede JP Smith en Xanthea Limberg verlede Vrydag. Die klopjag was na bewering deel van die Valke se ondersoek na twyfelagtige behuisingstenders ter waarde van een-miljard-rand. Die leier van die Nasionale Kleurlingkongres, Fadiel Adams, sê Zille moet verantwoording doen: