Geen ‘transgender-ideologie’ in VSA weermag

Die Amerikaanse president, Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om ontslae te raak van wat hy transgender-ideologie in die Weermag noem. Dit word beskryf as ‘n potensiële terugslag vir LGBT-regte. Trump het in ‘n reeks bevele ook gevra dat ‘n Amerikaanse weergawe van Israel se ysterkoepel-missielverdedigingstelsel gebou word. Hy het ook bevele onderteken vir die herinstelling van Weermaglede wat afgedank is omdat hulle geweier het om die Covid-19-entstof te neem, en om ‘n wyer regeringsonderdrukking van verskeidenheidsprogramme na die gewapende magte uit te brei.