Alle oë op Rhino se Sagittarius-putJanuary 28, 2025
Daar is groot afwagting vir Rhino Resources se Sagittarius 1X-put in PEL 85, in die Oranje-bekken. Boorwerk op die put het op 18 Desember begin en sou na raming 45 dae neem. Kenners meen die put kan dieselfde resultate oplewer soos die van Galp Energia se eksplorasiegebied wat net noord van PEL 85 geleë is. Die Portugese olie-reus teiken 10 miljard vate in sy Mopane-gebied. Die petroleumkommissaris Maggy Shino het Rhino se put as een van die wonderlikste vooruitsigte wat sy nog ooit in Namibië gesien het, beskryf.