Wes-Kaapse skole loop weer deur tydens die vakansie
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement berig daar was 47 inbrake en gevalle van vandalisme by 34 skole oor die somervakansie, wat meer is as verlede jaar se 26 voorvalle. Die LUR vir Onderwys David Maynier sê gesteelde items sluit in toestelle, vaste toebehore en heinings. Die LUR moedig gemeenskappe aan om verdagte optrede by die polisie aan te meld en beklemtoon die behoefte om skole te beskerm as belangrike gemeenskapsbronne: