Walus deur rassisme aangedryf
Die moord in April 1993 op SA Kommunistiese Party-leier Chris Hani was ‘n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die moordenaar was die Poolse immigrant Janusz Walus, wat 28 jaar in die tronk deurgebring het voordat hy parool gekry het. Sy medebeskuldigde was die Konserwatiewe Party-LP, Clive Derby Lewis, wat Walus van ‘n gesteelde pistool en ‘n beweerde lys met nege name daarop voorsien het. In ‘n eksklusiewe onderhoud met Annika Larsen van eNCA, in Krakau in Pole, sê Walus sê hy is gedryf deur rassisme, en sy bereidwilligheid om die regering van die dag te beskerm.