VSA en Colombia maak vredeJanuary 27, 2025
Die VSA en Colombia het teruggetrek van die rand van ‘n handelsoorlog nadat die Withuis gesê het die Suid-Amerikaanse land het ingestem om militêre vliegtuie te aanvaar wat gedeporteerde migrante vervoer. Amerikaanse president Donald Trump het met tariewe en sanksies teen Colombia gedreig na hy vroeër geweier het om militêre vlugte met gedeporteerdes te aanvaar. Maar in ‘n verklaring laat Sondagaand het die Withuis gesê Colombia het tog ingestem om die migrante te aanvaar en Washington sal nie sy gedreigde strawwe oplê nie.