Trump skort hulp op, kenner sê ons met meer selfstandig wees
Die skielike besluit deur Amerikaanse president Donald Trump om alle buitelandse hulp vir 90 dae te staak en te hersien, kan verwoestend wees vir MIV-programme in Afrika-lande. Dit sluit in die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting, bekend as Pepfar. Pepfar-statistieke wys dat dit aan die einde van 2024 lewensreddende antiretrovirale behandeling aan byna 21 miljoen mense in 55 lande verskaf het, baie van hulle in Afrika suid van die Sahara, ook Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê Afrika moet leer om selfstandig te wees.