Tommy Paul maak goeie vordering op ATP-ranglys

Die Amerikaner Tommy Paul het die grootste vordering gemaak op die jongste ATP-ranglys en die eerste keer in sy loopbaan die toptien gehaal. Die 27-jarige speler wat die Australiese Ope se kwarteindronde gehaal het, het twee plekke opgeskuif tot nommer nege. Die Italianer, Jannik Sinner wat Sondag sy tweede agtereenvolgende Australiese Ope-titel gewen het, is steeds nommer een. Alexander Zverev van Duitsland wat in die eindstryd in Melbourne teen Sinner die knie moes buig, is tweede met Carlos Alcaraz van Spanje derde.