Suid-Korea vlugramp: Eend-DNS in Boeing-enjins gevind 

Beide enjins van die Jeju Air Boeing 737-800 vliegtuig wat verlede maand in Suid-Korea neergestort het, het volgens ‘n voorlopige verslag Maandag die DNS van trek-eende bevat. Die verslag van ses bladsye wat ‘n maand na die ongeluk deur Suid-Koreaanse owerhede vrygestel is, bevestig dat die voëls in groot troppe na Suid-Korea vlieg vir die winter. Maar die verslag het geen aanvanklike gevolgtrekkings verskaf oor wat moontlik veroorsaak het dat die vliegtuig nie sy wiele ontplooi het vir landing nie en ook nie waarom vlugdata-opnemers opgehou het om in die laaste vier minute van die vlug op te neem nie. Al 181 aanboord is dood.